Wie is ons?
DIE ANDREW MURRAY SENTRUM VIR SPIRITUALITEIT IS ʼN GEMEENSKAP VAN STILTE, AFSONDERING EN GEBED WAAR ONS MEKAAR NOOI OM TOT RUS TE KOM EN ONS WORTELS IN CHRISTUS TE ONTDEK
Ons vorm ʼn gemeenskap sonder voorwaarde, waar ons mekaar in ons broosheid ontmoet en aanmoedig om daagliks ʼn ritme van gebed, nadenke oor ons roeping en diens, te volg. Binne hierdie gemeenskap bemoedig ons mekaar om te groei in ons verhouding met Christus en ons roeping in Afrika en verder te onderskei.
Ons fasiliteite is doelgerig ontwikkel om ‘n atmosfeer te skep van stil-word, kontemplasie en verootmoediging. Ons personeel en aanbieders is mense wat vanuit ‘n diepgewortelde verhouding met Christus, ander help en begelei om sinvol stil te word, in ag geneem elke individu se verwagting.
ONS WORTELS
Andrew Murray vorm grotendeels die basis waarop ons hierdie sentrum gebou het.
Sy besondere uitkyk op die lewe en wêreld is ‘n fenomenale inspirasie en sy nalatenskap motiveer ons om in diep afhanklikheid van God en koinonia met mekaar te werk en te leef. Die erns waarmee hy by God kon stilword en in ‘n baie intieme verhouding met Christus leef, help ons om inhoud te gee aan die doel van die sentrum.
Dié sentrum het ontstaan omrede daar ‘n diep behoefte was vir ‘n ruimte waarbinne enige mens kan stil word en sinvolle ontmoetings met hom-/haarself, mekaar en God beleef. Kyk die video om ‘n oorsig te kry van die ontstaan van dié sentrum.
ONTMOET DIE PERSONEEL
Derine Piek
Admin Koördineerder
Adrienne Bester
Terrein & Finansies
Siegfried Louw
Predikant in Sinodale Diens vir Predikantebegeleiding
Calvin Newman
Tuinier
Christine Arendorp
Algemene Assistent
Lena Isaacs
Assistent Skoonmaker
Hansie Breedt
Inwonend, Huis Louise
Lanette Breedt
Inwonend, Huis Louise
Dolf du Plooy
Inwonend, Clairvaux
Ankia du Plooy
Inwonend, Clairvaux