Wat bied ons?
DAAGLIKSE RITME
In ons verjaagde soort bestaan is die fyn kuns van stilhou langs die pad, vertoef, en waarneem met ál ons sintuie vir baie net ‘n vae droom. Selfs die bewuste lééf vanuit God se teenwoordigheid te midde van… By die Andrew Murray-sentrum word ruimtes geskep waarin mense by God tot rus kan kom. ‘n Kerndeel hiervan is die daaglikse ritme van afsondering (in die stilte van jou kamer of die natuur) en saamkom in die kapél drie keer per dag (voor etenstyd). Hier dink ons na oor wat dit beteken om te behoort, luister ons na lewe-gewende Godstaal in stilte, musiek, mensewoorde, en eien ons God se onvoorwaardelike liefde toe in die breek van brood en proe van wyn.
KAPELDIENSTE
Maandae 12:30 & 17:30
Dinsdae – Donderdae 07:30 & 12:30 en 17:30
Vrydae 07:30
Geen Kapeldienste op Saterdae en Sondae nie.
RETREATS
Ons verwelkom graag persone of groepe vir Stil Retreats.
Die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum is ʼn plek van afsondering en aanbidding waar missionale geloofsgewoontes beoefen en ingeoefen word. Daar is ‘n kapel en gebedstuin waar besoekers geloofsgewoontes kan beoefen en aanleer. Die Sentrum sal geloofsruimtes ontwikkel vanuit Murray se fokus op Gebed, Roeping en Diens.
Die groot tuine en ‘n rivier maak deel uit van die Samuel kampus wat benut kan word vir afsondering en stilte. Die gebouekompleks is op die rand van die dorp met ʼn uitsig op die berge. Die bos teen die Kromrivier, wat bekendstaan as ‘Donkiebos’, is waar sendelinge in opleiding dikwels gebid het.
FASILITEITE
Die Andrew Murray Sentrum beskik oor puik fasiliteite binne ‘n ontspanne en kontemplatiewe atmosfeer. Dit is ideaal vir groot konferensies, kursusse, retreats, vergaderings, of vir ‘n tyd van afsondering vir bv. skrywers. Ons het onder andere die volgende fasiliteite beskikbaar:
- Groot en pragtige saal
- Konferensie kamers
- Skrywerstasies
- Sitkamers
- Eetkamer
- Kapel
- Meer as 30 en-suite kamers