Fasiliteite

Kyk Video

Jubileum Saal

Die saal met sy pragtige houtvloere en hoë plafon maak dit ‘n populêre bymekaarkom-plek op ons terrein. Ons skuif die lang tafels presies volgens u behoeftes. (u-vorm, klaskamer styl, of slegs stoele sonder tafels) Ons het twee TV-skerms, mikrofofoon en basiese klankstelsel. Afskortings, met wit skryfborde op wiele, bied ‘n ideaale oplossing vir uitstallings. Koffie- en teestasies is ook tot die gaste se beskikking. Etes kan gereël word om by u program in te pas.
Gratis Wi-Fi beskikbaar.

Clairvaux Skrywershuis

Andrew Murray se woning, van die laaste 25 jaar van sy lewe, het ons ingerig as ‘n Skrywershuis.

Die vertrekke is omskep in ‘n biblioteek wat ideaal is vir gesprekke, Werkstafels (“skrywerstasies”), ‘n Raadsaal met ‘n pragtige ovaal tafel vir maksimum 10 gaste en ‘n Seminaarkamer gemaklik vir 6-8 gaste. Die twee vergaderruimtes het elk ‘n TV skerm, wit skryf-borde en WiFi.

Verblyf: Huis Samuel

Ons verblyf fasiliteite spog met ‘n gemeenskaplike sitkamer, eetkamer en 31 x kamers (23 enkel en 8 dubbel), elk met sy eie badkamer.