Samuel is van 1882-1883 gebou. In 1883 dit ingewy met die doel om die studente van die Sendinginstituut te huisves. Op Kerksdag 1881 is ʼn direksie gevorm wat die bou van die gebou sou hanteer en op 1 Maart 1882 is daar begin met die bouwerk van hierdie statige gebou. OP 18 Mei 1882 op Hemelvaartsdag is die hoeksteen gelê. Dr Murray het ʼn optog van gemeentelede gelei vanaf die Moederkerk tot by die terrein waar die hoeksteenlegging plaasgevind het. Die inwydingsfees het op 14 Mei 1883 die Maandag na Pinkstersondag plaasgevind. Die huis is Samuel genoem omdat dit soos in die geval van Samuel van die Here afgebid is. Reg rondom die gebou is daar Bybelse inskripies. Bokant die ingang en langs die naam Samuel, is daar twee inskripsies. Aan die linkerkant: Van de Heeren afgebeden, en aan die regterkant: Den Heerne ook oorgegeven. Daarmee is die wens uitgespreek die die kinders wat die Here aan die Instituut sou gee, soos Hanna vir Samuel gebid het, ook hier, van die Here afgebid is en dan aan die Here teruggegee word as “samuels” at tot diens van die Here sou wees.
Die gebou is nou omvattend gerestoureer en herstel as Herberg vir retreat-gaste. Daar is nou 36 en suite kamers, ʼn eet- en sitkamer en verskeie ruimtes vir groepsgesprekke. Daar is benewens die kombuis op die grondvloer ook twee kleiner kombuise op die boonste vloer waar gaste koffie en versnaperings kan voorberei en nuttig. Samuel is ideaal om persone te huisves vir tye van afsondering en stilte. Die interieur is gemik om eenvoud en die historiese karakter van die gebou te kombineer.