- Januarie 21, 2019
Die ou stalle van Andrew Murray is vir die doel van die Spiritualiteitsentrum omskep in ’n Kapel. In die proses is die hout solder verwyder. Die planke en balke is bewaar en Peet Bester, een van die Bestuursraadslede, het vir ons ’n nagmaalstafel daarvan gemaak. Die eenvoud van die ontwerp is doelbewus gekies om ons te herinner aan die oorspronklike gebruik van die gebou.