
Hierdie Instituut het voortgegaan met die opleiding van sendelinge en sendingpersoneel tot in 1962 toe die NG Kerk in SA besluit het om die opleiding na die Kweekskool op Stellenbosch te verskuif. ‘n Totaal van 567 sendelinge is deur die Instituut opgelei en talle oudstudente was betrokke by kerkplanting in verskeie dele van Afrika. ‘n Groot deel van die oudstudente het ook jare lank diens gedoen in die voormalige NG Sendingkerk. Na die sluiting van die Sendinginstituut is die geboue aan Hugenote Kollege oorgedra wat Huis Samuel tans gebruik as koshuis en die Jubileum Zaal vir akademiese en ander Kollege aktiwiteite.