Die Diensgroep vir Toerusting en Navorsing het met dankbaarheid aangekondig dat prof. Elna Mouton vanaf 1 Februarie 2019 aangestel is as die eerste kapelmeester van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit (AMSS). Sy sal op die terrein in Huis Louise woon. Prof. Mouton het aan die einde van 2017 emeriteer as dosent in Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie van Stellenbosch. Sy was die eerste vroulike dosent daar en ook die eerste (en steeds die enigste) vroulike dekaan aan die fakulteit.
Frederick Marais, voorsitter van die AMSS-bestuursraad, skryf:
“Ons kan nie anders as om die hand van die Here hierin te sien nie. Nie alleen het Elna as student in Samuel gewoon nie, sy het ook in haar akademiese loopbaan baanbrekerswerk gedoen om spiritualiteit-ontwikkeling onder studente te bevorder.”