
- November 16, 2018
Agter Samuel was daar ‘n ou verwaarlose geboutjie wat oorspronklik die stalle van Andrew Murray se perde moes gewees het. Die geboutjie is later omskep in buitekamers. Die argitek het raakgesien dat dit omskep kan word in ’n kapel, en so het die nederigste geboutjie op die terrein, die hart geword van die Spiritualiteitsentrum.
Ons het besef dat die agterkant van die gebou ’n pragtige uitsig op die tuin en die berge het en daar is besluit dat die uitsig onbelemmerd benut moet word met ’n glasfasade wat oos kyk in die rigting van die opkomende son wat ons onder andere herinner aan die opstanding van Christus en die hoop wat daar in hom is. Later het dit nodig geword om in die fasade versterking in te bou en is ’n kruis ingevoeg in die fasade. So sal die kapel ons die hele tyd herinner aan Christus as die opgestane gekruisigde!