PERSONEEL

Elna Mouton

KAPELMEESTER

Elna was vir 15 jaar betrokke by kerklike dienswerk in die Oos-Kaap, en doseer daarna Nuwe Testament vir 27 jaar (Port Elizabeth en Stellenbosch).  Geloofs- en lewensvorming lê vir haar na-aan die hart.  Daarom is stilte, verwondering, vertoef by woorde, God, mense, klank en natuurskoon vir haar ‘n lewensinstelling. 

Haar rol by die Andrew Murray-sentrum is om veilige ruimtes te help skep waarin mense by God kan tuiskom – met hulle hele lewensbestaan, vir die eerste keer of by vernuwing.  Sy wil mense help ománders te kyk – vermoeide, verblufte, wanhopige mense – mense wat smag na ‘n dieper verhoudingslewe, sterker verankering, en groter samehang in hul verhale.  Primêr gaan dit daarom om God sélf te hoor en te ervaar, en daardeur ons element – soos water vir visse – te herontdek.

Derine Piek

ADMINISTRATIEWE KOöRDINEERDER

Derine het in April 2019 by die Sentrum aangesluit en het 15jaar ondervinding in verskeie aspekte van die gasvryheidsbedryf. Sy is mal oor kos, blomme en mense. Haar oog vir detail maak haar ‘n aanwins as Administratiewe Koordineerder van die Sentrum. Haar rol is hoofsaaklik om die dagboek te bestuur en na die daaglikse ritmes en besoekers om te sien.

Sy laat haar gaste welkom voel en voldoen aan elkeen se behoeftes en doel van hul besoek. Saam met ‘n goeie ritme van Kapel, heerlike etes en stilwees, kom ons gaste graag weer terug!