Skip to main content

Om my pad huis toe te vind - olv Elna Mouton

09may(may 9)4:01 pm11(may 11)12:01 pmOm my pad huis toe te vind - olv Elna Mouton

Event Details

OM MY PAD HUIS TOE TE VIND

 In ‘n tuimelende wêreld met talle ontwrigte mense, is die vraag:  Waar is “huis” vir jou en my – ‘n ruimte van rus en verankering, waar alles veronderstel is om saam te hang en sin te maak?  Kán ‘n mens nog daaroor droom?  Indien wel, hoe vind ek my pad daarheen?  Wat het ek nodig om daar te kom?  En daar te vertoef?

As jy besorg is – selfs sinies – oor waaraan of aan wie ons behoort te midde van alles wat ons aandag aflei, is hierdie naweek vir jou.

Naweek retraite olv Elna Mouton

Datum: 09-11 Mei 2025

Plek: Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit, Wellington

Koste: R1700 (sluit alle etes, koffie en verblyf in)

Bespreek by: Derine [email protected]