Skip to main content

Lydenstyd: Kuns uitstalling | Gebedsroete | Labirint | Kruisstasies | Kapelle

25mar(mar 25)9:00 am28(mar 28)12:00 amLydenstyd: Kuns uitstalling | Gebedsroete | Labirint | Kruisstasies | KapelleWellington Kunstenaars stal uit!

Event Details

Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit bied aan ons ʼn besondere plek en geleentheid om onsself gedurende die laaste lydensweek vir Paasnaweek voor te berei. Gedurende die Groot Lydensweek is daar ʼn kunsuitstalling in die Jubileumsaal. Die tema van die uitstalling is “Olyfpars” en is daarop gemik om ons verbeelding aan te gryp oor wat in die Tuin van Getsemané en verder plaasgevind het.

 

Ons nooi jou hartlik uit om die kunsuitstalling te kom besoek ter voorbereiding van Goeie Vrydag. Die sentrum bied ook ander ervarings wat jou fokus rig op die lydensweg van Christus. Stap gerus die “Stasies van die Kruis” en spandeer tyd in gebed by elkeen van die stasies. Nog ʼn opsie, is om die labirint te stap en die hele wandeling as ʼn bewegende gebed te benader.

 

Jy is ook welkom om enige van die Kapeldienste vanaf Maandag, 25 Maart tot Donderdag, 28 Maart 2024 by te woon. Kapeltye is 07:30, 12:30 en 17:30.

 

Mag ons saam ʼn diep bewustheid hê oor hoe naby Christus met sy lyding, sowel as sy opstanding, aan ons gekom het.