Skip to main content

Deernisvol-Bewus / Mindfullness Retraite

20may(may 20)11:00 am24(may 24)11:00 amDeernisvol-Bewus / Mindfullness Retraiteolv ds Jan van Zyl

Event Details

Die samelewing plaas geweldig baie druk op ons om te presteer. Ons dryf onsself om beter te wees, om take vinniger af te handel en in die proses vergelyk ons onsself met ander – net om nog moeër, meer opgewen en gestres te wees wat ons gesondheid beïnvloed en ons uit voeling laat met die oomblik.

In hierdie retreat word deelnemers blootgestel aan verskillende vorms van meditasie en bewuswordingsoefeninge. Hierdie oefeninge of dissiplines stel jou in staat om met deernis met jouself om te gaan en met ‘n groter teenwoordigheid by mense op te daag.

Gedurende die retreat sal jy met vaardighede toegerus word wat jou sal help:

  • om jou spanning, pyn en alledaagse uitdagings beter te hanteer.

  • om in plaas van te vlug van moeilike en uitdagende situasies, eerder daarna te draai en met deernis en grasie daarmee om te gaan.

  • om ten volle teenwoordig en lewendig te wees in die oomblik.

Bogenoemde kan nie losgemaak word van ‘n diep spiritualiteit wat sy fondasie het in stilte nie.  In die stilte word ons wakker vir al ons sintuie en begin ons meer waarneem. Ons kom in die proses ook tuis in ons lywe, ons huis wat ten diepste ook die plek is waar God woon. Die oefeninge, ritmes, dissiplines is soos ‘n gimnasium wat daardie spiere sterk maak; sodat ons in ons gewone gang van ons lewe sonder dat ons daaraan dink, die effek en toepassing van die dissiplines in ons lewens ervaar of beliggaam.

 

Vir navrae en besprekings, kontak vir Derine by [email protected]